Free delivery
Wetsuitleg – ‘n Inleiding Vir Studente (Afrikaans,5th)
Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente
Wetsuitleg gaan oor die verstaan van uitgevaardigde regstekste – om sin te maak van die wetgewende skema wat op die betrokke situasie van toepassing is. Die doel van Wetsuitleg: n Inleiding vir Studente is om studente te leer hoe om wetgewing uit te lê en toe te pas. Deel 1 (Wettereg) stel studente bekend aan verskillende tipes en kategorieë wetgewing, die strukturele komponente van wetgewing, die soms verwarrende kodes wat in wetgewende tekste gebruik word, asook die uitdagings wat die toepassing van bestaande oubedeling-wetgewing en nuwe wetgewing inhou. Deel 2 (Hoe word wetgewing uitgelê) bestaan uit ’n hoofstuk oor die teoretiese grondslae van wetsuitleg, en ’n oorsig van die basiese wetsuitlegbenaderings in Suid-Afrika, asook ’n hoofstuk oor die toepassing van die reëls van wetsuitleg. Deel 3 (Die howe se regskeppende diskresie tydens wetsuitleg, en gebiedende en aanwysende bepalings) bespreek alledaagse toepassings, en Deel 4 is ’n basiese inleiding tot grondwetuitleg. Studente word ook bekend gestel aan minder bekende aspekte van wetsuitleg soos veronderstellings-klousules (deeming clauses), die opskorting van wetgewing, sonsondergangsklousules (sunset clauses), wettiese koeterwaals (legalese) en meerderheidsdwarsboming (the counter-majoritarian difficulty).
Written by: C, Botha
Published by: Juta publishers
Date Published: 01/02/2012
Edition: 5de Uitgawe
ISBN: 9780702198694
Available in: Paperback
saneleros2 –
bought in Namibia. great service